|
ITN vennote neem gebedsevangelisasie (L-10-T) aan as hul basiese lewensstyl om binne die vyf ITN paradigmas vir transformasie te lewe.
Die beginsels van die gebedsevangelisasiemodel* van Lukas 10:1-17 is:
- Seën: Vra die vrede of seën van die Here oor mense of stelsels in jou invloedsfeer (vers 5).
- Samesyn: Bou intensioneel verhoudings met hulle wat buite God se koninkryk staan (vers 7).
- Bevredig Behoeftes: probeer mense binne jou invloedsfeer se behoeftes bevredig: eerstens fisies of emosioneel en/of deur gebed in die naam van Jesus (vers 9a).
- Vertel: Vertel dat die Koninkryk van God naby die mense om jou gekom het (v9b)
ITN Afrika noem dit L-10-T (Lukas 10 Transformasie).
Alhoewel die stappe van L-10-T eenvoudig is, weerhou weerstand teen verandering en ou gewoontes mense van die verandering in leefwyse wat deel is van L-10-T. Om hierdie probleem te oorbrug is kort opleidingsprogramme ontwikkel vir volwassenes (omtrent 6 ure) en vir jeug (omtrent 4 ure) (beskikbaar in Afrikaans en Engels). ‘n Kursus om Opleiers op te lei is ook beskikbaar.
Die opleidingsgidse en PowerPoint aanbiedinge word hieronder verduidelik en is ook beskikbaar om van hierdie webwerf afgelaai te word.
*Hierdie beginsels word deur Ed Silvoso, President van Harvest Evangelism, in die boeke "That None Should Perish", "Prayer Evangelism", " Anointed for Business", en ander meegaande bronne beskryf.
Die volgende L-10-T dokumente is beskikbaar:
- Die L-10-T Inligtingspamflet
- Die L-10-T Inligtings- en Opleiersgids
- Die L-10-T Volwassene Opleidingsgids
- Die L-10-T Volwassene Opleidings-PowerPoint
- Die L-10-T Jeug Opleidingsgids
- Die L-10-T Jeug Opleidings-PowerPoint
Please note: All the above documents are available in English.
Die gebruik van hierdie dokumente sal nou kortliks bespreek word.
Neem asseblief kennis dat as u enige dokument nie op die webtuiste vind nie, u ons kan kontak (inligting hieronder) en ons sal dit elektronies vir u stuur. Die opleidingsgidse is A5, maar sekere kopieersisteme verkies dat die dokument in A4 is wat dan verklein word na A5. Kontak ons as die een wat u soek nie op die webtuiste is nie.
2.1 Die L-10-T Inligtingspamflet
Die L-10-T Inligtingspamflet is ‘n twee-bladsy (A4) inligtingstuk oor L-10-T.
Hierdie pamflet kan gebruik word as ‘n eerste vlak L-10-T inligtingstuk vir kerk-, besigheids- en jeugleiers asook alle ander Christene.
Om die L-10-T Inligtingspamflet (uitgawe 3) as ‘n Word doc af te laai (405 KB), kliek hier
2.2 Die L-10-T Inligtings- en Opleiersgids
Die L-10-T Inligtings- en Opleiersgids vervul twee doelwitte: eerstens, om detail inligting te gee in verband met L-10-T en sy toepassing persoonlik, in ‘n gemeente, besigheid en in stadstransformasie. Tweedens, om gedetaileerde inligting aan L-10-T opleiers te gee om hulle toe te rus om L-10-T opleiding te gee deur die verskillende opleidingsgidse te gebruik. (items 3 to 6 hierbo).
L-10-T opleiers behoort beide die L-10-T Inligtings- en Opleiersgids en die betrokke Opleidingsgidse te bestudeer indien u beplan om opleiding te gee.
Ons beveel aan dat u ons kontak as u as opleier opgelei wil word. Ons kan dalk opleiding in u area kom doen of vir u die opleidings-DVD stuur (wat beplan word vir laat in 2007).
Om die L-10-T inligtings-en Opleiersgids (uitgawe 1.2) as ‘n Word doc af te laai (174 KB), kliek hier
2.3 Die L-10-T Volwassene Opleidingsgids
Die L-10-T Volwassene Opleidingsgids word gebruik deur volwassenes wat in L-10-T opgelei word of kan as ‘n Bybelstudie gebruik word. Die normale opleidingstyd is omtrent 6 uur. Opleiding kan vinnig (met minimum bespreking) in 4 ure gedoen word of dit kan tot 8 ure duur as besprekings en rollespel volledig gedoen word.
Om die L-10-T Volwassene Opleidingsgids (uitgawe 1.8) as ‘n Word doc af te laai (295 KB), kliek hier
2.4 Die L-10-T Volwassene Opleidings-PowerPoint
Die L-10-T Volwassene Opleidings-PowerPoint aanbieding kan deur L-10-T opleiers gebruik word saam met die L-10-T Volwassene Opleiersgids.
Om die L-10-T Volwassene Opleidings-PowerPoint (uitgawe 2.5) as ‘n PowerPoint lêer af te laai (1.13 MB), kliek hier
2.5 Die L-10-T Jeug Opleidingsgids
Die L-10-T Jeug Opleidingsgids word gebruik deur jeug wat in L-10-T opgelei word of kan as ‘n Bybelstudie gebruik word. Die normale opleidingstyd is omtrent 4 uur. Opleiding kan vinnig (met minimum bespreking) in 3 ure gedoen word of dit kan tot 6 ure duur as besprekings en rollespel volledig gedoen word.
Om die L-10-T Jeug Opleidingsgids (uitgawe 1.3) as ‘n Word doc af te laai (223 KB), kliek hier
2.6 Die L-10-T Jeug Opleidings-PowerPoint
Die L-10-T Jeug Opleidings-PowerPoint aanbieding kan deur L-10-T opleiers saam met die L-10-T Jeug Opleiersgids gebruik word.
Om die L-10-T Jeug Opleidings-PowerPoint (uitgawe 2) as ‘n PowerPoint lêer af te laai (636 KB), kliek hier
U mag kopieë maak van al die L-10-T dokumente op hierdie webtuiste met die nodige erkenning soos op die dokumente aangedui (meestal op die Inleidings- en agterblad).
Die L-10-T Volwassene Opleidingsgids kan ook van Jerigo Mure Internasionaal bestel word. Kontak ons asseblief.
Die L-10-T Jeugopleidingsgids is deel van Transformasie Afrika se jeugprogram en is saam met die 'Boilerrroom' en 30KD opleidingsgids beskikbaar. Kontak Transformasie Afrika (www.transformationafrica.com) hieroor.
Een van die sleutels van L-10-T is om te kan terugkom en vertel wat gebeur het, soos gebeur het toe die sewentig teruggekom het en vir Jesus vertel het wat gebeur het (Lukas 10:17).
Hou ons asseblief ingelig indien u mense in die beginsels van L-10-T oplei! Dit sal ons ook in staat stel om u ingelig te hou oor nuwe ontwikkelings in L-10-T opleiding en toepassing in persoonlike, besigheids-, gemeentelike en stadstransformasie.
Willem Joubert
E-pos: wjoubert@icon.co.za;
Tel: +27(0)82 650 5684;
Faks: + 27 (0)86 660 5307
Lenthia Erasmus
E-pos: lenthia@jwipn.com
Tel: (011) 824 1985; (011) 827 8037 (Kantoor 9:00 to 14:00)
Faks: (011) 824 3141; (011) 827 8037
E-pos werk baie goed as kommunikasiemedium! |